Teling

GEBRUIK DIE VOORSPRONG | USE THE ADVANTAGE

EN AF facebookemailemail

Gelykwater Bonsmara streef daarna om kwaliteit teeldiere te produseer vir die mark met die doel om vleisproduksie te verbeter. Ons teel mediumraam diere met n goeie voeromset. Ons doel is om vrugbare vroulike diere te produseer wat elke jaar n kalf speen, goeie moederseienskappe toon, asook aangepas is vir koue winters en warm somers.

Gelykwater Bonsmara se vroulike diere word gekies vir hulle vrugbaarheid, kapasiteit, diepte en temperament. Ons bulle word geteel om korter en wyer te wees, met goeie bespiering en ‘n baie goeie libido. Ons bulle kan maklik 30-40 vroulike diere dek in ‘n 90 dae dekseisoen.

Ons doen ook kunsmatige inseminasie en embriospoeling. Dit maak dit aansienlik vinniger vir ons om ons doelwitte te bereik en gesonde, vrugbare, mediumraam diere te produseer, wat goed aangepas is vir die klimaat van Suid-Afrika.