Oormerke

GEBRUIK DIE VOORSPRONG | USE THE ADVANTAGE

Gelykwater-Bonsmara-Wet-nose-Nat-neus

Oormerke

Hoekom word Bonsmara beeste se ore so versnipper?

 

Die gewilde en berugte oormerke.   Die oormerke is daargestel vir maklike identifikasie. Die nommer is selfs op ‘n afstand van tot vyftig meter sigbaar. Oorplaatjies is nie goed sigbaar nie, kan verdof met tyd of verloor en baie keer moet beeste in ‘n drukgang gejaag word om die oorplaatjies van naby te bestudeer, sodat die nommer van die dier gesien kan word. Wanneer die oorplaatjies verloor, is dit amper onmoontlik om die bees se nommer te identifiseer, wat verrykende gevolge het vir rekordhouding.

Elke knip in die oor is ‘n nommer, soos hieronder voorgestel. As jy mooi oplet sal jy sien dat die linkeroor ene is en die regteroor tiene is. In die hoeke van die ore is die honderde, kloksgewys van linkeroor, as bees van voor af gekyk word, 100, 200, 400, 800. Earmarking numbers
Die diagram hier onder dui dus aan die kalf is nr 46

Earmarking Calf Number 46