Produksie Veiling 2014

8 Julie 2014 | Middelburg MP | 8 July 2014

EN AF facebookemailemail

Produksie Veiling 2014 Inligting

Ons jaarlikse produksieveiling vind plaas by ons unieke, privaat veilingslokaal, 40km buite Middelburg, aangrensend aan die Stoffberg pad. Dit vind plaas in Julie.

TEL AF NA PRODUKSIE VEILING
0
DAE
0
URE
0
MINUTE
0
SEKONDES

Datum

8 Julie 2014

Waar

Gelykwater Bonsmara

Tyd

11:00 am

Rigting

Plaas Uitkyk

Kry Die Aanwysings

Aflaai Brosjure

GEL11-66

Met die eerste oogopslag sien mens die besondere haarkleed en bespiering op hierdie LES07-20 seun. Hy het ook ‘n besondere toplyn, en breedte, goeie lengte tussen sy heupbeen en sitbeen en goeie kloue. Sy ma is ‘n dogter van GEL06-132.

GEL11-70

Opvallend van hierdie bul is sy sterk kop en los vel. Goeie bespiering regdeur asook goeie lengte en toplyn.

GEL11-71

Hierdie is ‘n baie wakker bul, altyd bewus van wat om hom aangaan. Weereens ‘n seun van LES07-20 met besondere bespiering, lengte, diepte en breedte met ‘n goeie haarkleed.

GEL11-74

Hierdie is ‘n baie goeie seun van SYF07-36 wat ons elf in die kudde gebruik het. Sy ma het ‘n besonderse TKP an 380 oor 7 kalwers. Soos sy pa het hy besondere bespiering, toplyn, oogspiere en lang, goed gevormde agterkwarte.

GEL11-75

GEL11-75 is ‘n bul met ‘n goeie toplyn, goeie diepte asook goeie teelwaardes. Ons het hierdie bul op ons kommersiële verse gebruik.

Page 2 of 7«12345»...Last »