Voeding Guide Vir Bonsmara Beeste

GEBRUIK DIE VOORSPRONG | USE THE ADVANTAGE

Cow Feed Grass

Voeding Guide Vir Bonsmara Beeste

Ons kry gereeld facebook boodskappe of e-posse waarin mense ons vra wat se byvoeding of voer gee voer julle. Hierdie is natuurlik seker een van die mees gekompliseerde vrae om te beantwoord, want daar is ongelukkig nie n standaard resep nie. Ook beperk ons hier op Gelykwater so ver as moontlik die “bederfies” aangesien ons Geharde, ekonomiese Veld beeste teel. In plaas van hoe lek rekeninge het ons belê in n weidingskundige om ook te kom adviseer. Ons was ook maar skepties, maar kan al klaar resultate begin sien in die kondisie van ons veld, diere en die lek rekening. Die dieet van n optimaal produserende bees is ‘n baie fyn balans. Die basiese is natuurlik voor die hand liggend:

  • Water
  • Vesel/ ru voer

Die “wetenskap” van voer kom natuurlik by die res:

  • Protein
  • Energie
  • Minerale
  • Vitamins.

Elke rantsoen sal ook afhang van die volgende faktore:

  • Ouderdom van die dier
  • Geslag van die dier
  • Produksie stadium van die dier
  • Doelwit met die dier (bv afronding vir die slagpale ens)
  • Behoeftes van die spesifieke plaas.

Die ru produkte se kwaliteit wat in die voermengsels ingaan is natuurlik uiters belangrik en ons het in samewerking met Pieter Smit van Molatek ontledings van ons ru produkte, soos Armmans Lusern, Oulandsgras bale ens gedoen om presies n behoefte bepaling te done. Kontak gerus jou naaste Molatek verteenwoordiger.